Die Lyrics
[Verse 1]
Ek ken ‘n girl in die Suide van die Suide
Sy bly al vir jare in ‘n huis soos jou huis
Met haar waardevolste dinge bewaar in ‘n kluis
Gestuck soos jy en ek in die wêreld se race
Dinge in die kluis wou sy nooit face
Anatomies ingebou in die mure van haar huis
Die vrees dat iemand sou ontdek wat sy bewaar
Mikroskopies ingewortel in haar DNA
Haar geheime kluis het haar skuiling geword
Sy bly gevange in haar self-gemaakte tronk
Meganies kompleks, kombinasie onondek
Belowe komplikasies ‘n geslote hek
Prop die kluis vol, gekluister deur loos
Die inhounds-waardering is ‘n paradoks self
Met die ware wete van waarde self,
Sou sy daarvoor sorg of voorsorg ondermyn?
[Pre-Chorus]
Sy is jy
Jy is ek
My brein is my huis
My hart is ‘n kluis
Geklee met net vleis
Die wêreld ruik bloed
Ek’s veilig behoed
In my kluisenaar bestaan
[Chorus]
Maar is ‘n Van Gogh gemaak om te bêre?
Die bod val hoog op die Naam wat nie sterf
Jy is gemaak om te wys vir die wêreld
Die lot kalibreer deur die Naam in die verf[Verse 2]
Ek ken ‘n ou in die Noorde van die Noorde
Hy val al vir jare oor en oor elkeen van sy woorde
Alles van waarde skater soos oë wat reflekteer
Chemies onstabiel, struktrueel verniel
Verloor sy pigmente soos Van Gogh se sonneblomme
Dis sy kleure wat hy tussen tralies kamofleer
So hy smelt tragies weg en word dadelik absorbeer
Hy’s groen, vas in die kul van die lig
Maar sy kluis is te dig vir die straal van die X
Hier in die hoek waar patrone grens
Hy steek hom weg in die mis om sy waarde te blus
Mis elke kans, want hy vat eintlik niks
Met die dink dat hy’s niks
Is dit kuns of ‘n tronk?
Hy breek los met ‘n plof, hy sien deur
Hy’s ‘n boog in die reën; die belofte van meer
Hy vind sy kleur in die wit van Die Lig
[Pre-Chorus]
Hy is jy
Jy is ek
My brein is my huis
My hart is ‘n kluis
Geklee met net vleis
Die wêreld ruik bloed
Ek’s veilig behoed
In my kluisenaar bestaan
[Chorus]
Maar is ‘n Van Gogh gemaak om te bêre?
Die bod val hoog op die Naam wat nie sterf
Jy is gemaak om te wys vir die wêreld
Die lot kalibreer deur die Naam in die verf
[Bridge]
Ek’s die kuns wat ontsnap wat die kluis nie kon smoor
Kleur soos die impressionis wat ek is
Spesialis in die kuns van my styl
Pronk met my spatsels van verf
Dis die raam wat my letsels ook verg
Sal my kleur nie verteer om myself te versteur
Deurborende blik wat ontbloot
Dis die spook in die eenvoud versteek
Ek’s die kuns wat ontsnap wat die kluis nie kon smoor[Pre-Chorus]
Jy is jy en
Ek is ek
My brein was my huis
My hart was ‘n kluis
Geklee met net vleis
Die wêreld ruik bloed
Ek’s veilig behoed
In my Skepper se raam
[Chorus]
Maar is ‘n Van Gogh gemaak om te bêre?
(Jy is gemaak om te wys vir die wêreld)
Die bod van hoog op die Naam wat nie sterf
(Jy is gemaak om te wys vir die wêreld)
Jy is gemaak om te wys vir die wêreld
(Jy is gemaak om te wys vir die wêreld)
Die lot kalibreer deur die Naam in die verf
(Ons vind ons kleur in die wit van Die Lig)
Die Storie
Met die skryf van “Die Paradoks” het die Here my op ‘n journey geneem om te besef wat die lirieke werklik beteken. Die liedjie het begin deur ‘n observasie van mense wat hul waarde verminder en hulself as minderwaardig beskou. Die produksie, lirieke, kuns en alles van die song is anders as my vorige werk en het my heeltemal uit my comfort zone forseer.
My hoop is dat “Die Paradoks” elke luisteraar op ‘n individuele reis sal neem op ‘n verhalende manier en sluit af met ‘n kragtige ontploffing met die losbreek uit die greep van onsekerhede. Dit is hier waar jy jou waarde vind.
Hierdie liedjie verken die konsep dat die naam van die kunstenaar die waarde van die kuns bepaal. Die refrein ondersoek die vraag of ‘n Van Gogh gemaak is om weggesteek te word. Die antwoord daag die luisteraar uit om hul eie idees te ondersoek. Ons is in werklikheid gemaak om aan die wêreld te wys, wat impliseer dat ons die skepping van die Skepper van die heelal is. ‘n Lig op ‘n heuwel moet nie weggesteek word nie.
Ek gebruik verder metafore van lig, kuns, slotte en kunstigheid. Die liedjie kan opgesom word in die lirieke, “Ons vind ons kleur in die wit van Die Lig,” ’n woordspeling. Dit verwys na wit lig wat gebuig word en in sy samestellende kleure versprei word. Wanneer ons toelaat dat die Lig van die wêreld (God) deur ons skyn, skyn ons waarde in die wêreld, soos die kleure. Hierdie is ook die kleure van die reënboog: God se belofte van meer. Ons is wonderlik geskape deur die Here en die waarde is dus reeds binne ons, maar ons steek dit weg. Dit is ’n groot mind-shift wat gelykgestel word aan ’n ontploffing wat ’n kluis kan vernietig.
Die titel is geïnspireer deur die blote definisie van die woord. Om ‘n kind van die Lewende God te wees; die skepping van die Skepper van die heelal en steeds te leef asof jy waardeloos is. Dit klink soos die definisie van ‘n paradoks.
Die boodskap van die liedjie is om jou waarde te vind en so te leef, ’n verskil te maak waar jy ook al gaan en jou lewe ten volle te leef met God se Lig wat deur jou skyn. Laat vaar die onsekerheid, wetende dat God sal voorsien. Ons moet nooit arrogant wees nie. Hoe kan ons wees? Ons is slegs die skepping, wat die onbegryplike grootsheid van die Skepper weerspieël.
Die Lyrics
[ Intro ]
Maak of jy mal is
Maak of jy mal is
Old motto
Old motto
Maak of jy mal is
Maak of jy mal is
Luister maar vir jou mamma
Old motto
[ Verse 1 ]
Jy’s mooier
Mooier as ‘n opgetooide Merlin Manroe en
Even al sou
Jou toekoms in mekaar vou sou jy my
Steeds behou
Jy word beskou as my eerste ware pel
Kattekwaad en bel
Kan praat oor alles wat tel tot niks waaroor ons praat
meer tel
Sê my was die stryd teen alleen wees al wat tel
Soos dit altyd teen die mensdom tel?
Dit sal nie meer my vrees wees wat my beheer
Ek luister wat my mamma sê ek stick
By my old motto en ek doen alles
Jy sou kon dink dat ek mal is
[ Chorus 1 ]
So, ek stick maar by my old motto
Ek stick maar by my old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is en doen alles
So, ek stick maar by my old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is
Maak of jy mal is
Jah Brah!
[ Verse 2 ]
Soms word ons vasgevang in die wêreld se val
Analiseer elke geval
En dis seer wanneer jy val
Altyd oordink en dit maak my net mal
Maar dis klaar nou
Niks sal my nou laat stagnate
Even though ek still vrae hetWat het geword van als
My grip verloor
Maar wie is ons, wat is tyd en wat kan ons beheer
Die Here is in beheer van die lewe
Hy’t ‘n rede vir die hede en verlede
Hou die verlede uit die hede
Dinge gebeur en dit maak dalk seer
Maar ons leer uit die seer
En daar is meer te leer so
Hou op om die lewe te analiseer
[ Chorus 2 ]
So, ek stick maar by my old motto
Ek stick maar by my old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is en doen alles
So, ek stick maar by my old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is
Maak of jy mal is
Jah Brah!
[ Verse 3 ]
Ek het jou gemeet en gedink this is it
My bestie for life en ek het dit bedoel
Maar dis nou verby jy’s agter my
Nuwe dinge lê voor my met ‘n les wat my my sal bly
Dis nou verby
Nuwe dinge lê voor jou met ‘n les om by jou te hou
Dis nou verby tyd en ‘n plek vir nou en toe
Tyd sal leer wat’s die les van die seer
Maar wat het geword van als
My grip verloor
Ek luister wat my mamma sê
Ek stick by my old motto en ek doen alles
Jy sou kon dink dat ek mal is
[ Chorus 3 ]
So, ek stick maar by my old motto
Ek stick maar by my Old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is en doen alles
So, ek stick maar by my old motto
My mamma sê altyd
Maak of jy mal is
Maak of jy mal is
Jah Brah!
Die Storie
Die titel: Maak Of Jy Mal Is, klink dalk vreemd wanneer jy dit die eerste keer hoor! Maar deur die lirieke deel ek die verhaal van ‘n verlore vriendskap tydens my hoërskool jare.
Toe ek deur moeilike skool jare gegaan het of nie geweet het wat om te doen nie, het my ma altyd vir my gesê: “Maak of Jy Mal Is en Doen Alles”. Dit het my altyd gemotiveer om nie terug te staan vir enige iets nie en nooit bang te wees om myself te wees nie! Die boodskap van die song is om mense aan te moedig om nie in vrees vir verwerping te leef nie en nie te top oor die verlede nie, want God is altyd in beheer. So, alles sal ten goede uitwerk.
Soos die lirieke sê: ” Die Here is in beheer van die hede. Hy’t ‘n rede vir die hede en verlede. Hou die verlede uit die hede. Dinge gebeur en dit maak dalk seer, maar ons leer uit die seer en daar’s meer te leer so hou op om die lewe te analiseer.” Leer jou les. Hou dit by jou en beweeg aan.
Maak Of Jy Mal Is en Doen Alles!
Musiek Video
Die Lyrics
[ Intro ]
Diagnoseer artiriale agterdog met kroniese inflammasie in die agterkop
Simptomes van ‘n kliniese agterdeur en niemand mag in by my hart se deur
[ Verse 1 ]
Jou brein oorweldig jou met al sy gerigte
Nou dra jy swaar aan al jou gesigte,
Bagasie en jou lewe se bundels van gedigte
Mense se gesigte laat twyfel jou opsigtelik
In hierdie opsigte steek jy jou gesig weg
Op eerste oog op sig wil jy net vlugtig vlug
Moenie judge op sig so jy sug, is als ‘n klug
Emosies us gedug, ek soek geluk, nou moet ek dig
Dra jou hart op jou mou dat jy jouself behou
Jy sê: “Ja, jy weet ek wou, maar dit het ek elke slag berou”
Ek sê: “Klim op die trein, wees versigtig nou”
Welkom by die gange van my mind; iets verskrikliks te besigtig
Hierdie trein hardloop weg, hy’t klaar oor my geloop
Jy train jouself van binne-hou en loop met agterdog
Dis die gratis paspoort aan skurke van geluk
My hart word gesteel, wel, dan skryf ek net ‘n reel
[ Chorus ]
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Skilder pyn teen my hart se binne-kant
Mamma se dis die way wat dwase gaan
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Trane vloei soos kuns uit by my hart se kraan
Nou gooi ek sinne rond, voor ek kranksinnig word
[ Verse 2 ]
Wat is jou posisie op die kwessie van poësie
Psalms tot jou eie amagdala se prosa
Want jou bestaan is letterlik ‘n digterlike persoon
Deur wysheid en die lewe is jy deeglik bekroon
Kyk, die biologie boek stel God se gedigte ten toon
Jou liggaam is ‘n koor, sing dat almal dit kan hoor
Bring die ware jy deur strofes nou na voor
Vertaal jou verhaal en laat dit ons betoor
Sing deur jou skade, jy’s wyser as te voor
Skryf in die skare, verskille stem ooreen
Jy voel beskadig, karakter is waardig
Voel jy af, lig jou kop en jou hande op
Want seer is ‘n les geleer en skade dra tog waarde
Sit jou hart op Moeder Aarde se operasie tafel
Welkom by jou ope-hart operasie
Ons is hier om harte oop te maak en met vreugde aan te steek
[ Chorus ]
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Skilder pyn teen my hart se binne-kant
Mamma se dis die way wat dwase gaan
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Trane vloei soos kuns uit by my hart se kraan
Nou gooi ek sinne rond, voor ek kranksinnig word
[ Bridge ]
Sny jou hart se heil van metaal
Sweis jou hart se huil vas in taal
Jy’s die pasient en spesialis
Skenk jou kuns om ander aan te huts
Breek die pleister van jou masker
Plak ‘n pleister op jul harte
Sny jou hart se heil van metaal
Sweis jou hart se huil vas in taal
Jy’s die pasient en spesialis
Skenk jou kuns om ander aan te huts
Breek die pleister van jou masker
Plak ‘n pleister op jul harte
[ Chorus ]
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Skilder pyn teen m hart se binne-kant
Mamma se dis die way wat dwase gaan
Ons dink ons kan alles binne-hou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Trane vloei soos kuns uit by my hart se kraan
Nou gooi ek sinne rond, voor ek kranksinnig word
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Die hart is net ‘n glas orgaan, onthou
Nou gooi ek sinne rond voor ek kranksinnig word
Die Storie
Vir die ganse menslike geskiedenis is daar ‘n paar dinge waarmee elke enkele mens gesukkel het en die meeste daarvan vind sy wortel in die wanpersepsies van die hart.
Die waarheid is dat die hart ‘n glas orgaan is. Glas is duursaam, maar dit kan net soveel binne-hou voordat dit breek. Ons almal weet:
“Net dwase skryf teen mure en glase”, maar nou skryf ons pyn oor die mure van ons glas harte. Ons probeer desperaat om alles binne te hou, maar ons vergeet dat glas deursigtig is…
In plaas daarvan, moet ons die pyn deur kuns uit ons harte laat vloei. Ons moet genees sodat ons nie onsself verloor nie. Almal het al voorheen seergekry en dit is so maklik om toe te laat dat pyn uit die verlede ons menswees verander, maar ons kan nie toelaat dat die verlede wen nie!
Die Lyrics
[ Intro ]
Hey!
Luister gou hier!
Jy weet as mense vir jou sê
Jy moet net happy wees
En jy wens jy was
But dis complicated
Ja, wel
Hierdie is vir jou…
[ Verse 1 ]
Lewe is n lied, maar
Myne is n horror score
Wens ek kan smile but
Myne’s upside down
Ek love die see but ek lewe in ‘n storm
Love die see se sand
Maar hierdie’s dryfsand wat wegsak
Stille water, diepe grond
Rondom my waai alles rond
Warboel in my kop, maar
Niks kom uit my mond
Kry vir my matrose, want
Elke rigting wat ek kyk
Oos of wes of noord of suid
Sien ek, net sleg
[ Chorus ]
Hulle wil jou sê
Wees net happy elke dag
Maar wat ‘n cliché, dink jy
Want
Dinge gaan gebeur
Wat jou lewe affekteer
Maar besluit jy soek
Die mooi in elke dag
Want elke dag is nuut
En jy kies
Hoe jy dit sien
[ Verse 2 ]
Wil nie lewe soos ou Israel
Soos n swerwer in my lewe
Wat alles buite blame
But die vyand is my mind
Niemand kan jou joy steel
Dis jy, jy gee dit weg
Dit wat ander besluit
Moet jou geluk nie stuit
Maak God kaptein aan stuur
Bybel as kompas wys waar
Hy sal jou lei met vuur
Hy praat en storms bedaar
Maak skoon jou bril
Hy’s vol van wasem
Alles lyk nou mooi
Daar’s iets goeds in alles
Ek voel ek,
Snak na asem
[ Chorus ]
Hulle wil jou sê
Wees net happy elke dag
Maar wat ‘n cliché, dink jy
Want
Dinge gaan gebeur
Wat jou lewe affekteer
Maar besluit jy soek
Die mooi in elke dag
Want elke dag is nuut
En jy kies
Hoe jy dit sien
[ Bridge ]
Vat die struikel blokke
Bou jou trappe
Los die negatiewe
Change jul perspektiewe
Vat die struikel blokke
Bou jou trappe
Los die negatiewe
Change jul perspektiewe
[ Chorus ]
Hulle wil jou sê
Wees net happy elke dag
Maar wat ‘n cliché, dink jy
Want
Dinge gaan gebeur
Wat jou lewe affekteer
Maar besluit jy soek
Die mooi in elke dag
Want elke dag is nuut
En jy kies
Hoe jy dit sien
Maar besluit jy soek
Die mooi in elke dag
Want elke dag is nuut
En jy kies
Hoe jy dit sien
Die Storie
Ons is almal vertroud met die gebruik van kleure om
emosies te beskryf. Mense noem selfs Maandae blou en assosieer gelukkig wees met alles wat geel en helder is.
Het jy geweet dat volgense ‘n studie wat gepubliseer in die Phycological Science Journal toon dat mense se emosies direk gekoppel is aan die
kleure waarin hulle die wêreld om hulle waarneem. Nee, jy het dit nie verbeel nie, jou wêreld het regtig valer gelyk toe jy hartseer was! Wanneer jy hartseer is, sukkel jy om te onderskei tussen die skakerings van kleure op die blou-geel as. As jy daaroor dink, is dit nogal interessant dat geel en blou op dieselfde as is…
Hierdie liedjie gaan oor hoe dinge in jou lewe gebeur en dit raak moeilik. Mense sê vir jou om gelukkig te wees, want jy het baie om voor dankbaar te wees, maar dis nie so maklik nie. Ons is egter die enigstes wat ‘n keuse kan maak en verander hoe ons na die wêreld kyk, want elke dag is nuut en ons kies hoe ons daarna kyk en wat ons sien.
Jy kan goed of sleg in enige situasie sien, maar aan die einde van die dag, wat jy ook al kies, is jou besluit en bepaal jou realiteit.
Die Lyrics
[ Intro ]
You ask why they don’t speak
But you don’t listen when they do
So how would you
Know if they do
[ Verse 1 ]
Some of us woke up and chose violence
Now you walking ’round with a whole lot of rivals
It’s eating from inside like a virus
These people killing kids walking ’round in diapers
What you on about?
Now you hit your wife cuz she talk a lot
Gotta ask man, “What you on about?”
Don’t abuse her
She ain’t there for you to use her
How you try accuse her?
Blame her clothes for your filthy mind
Don’t excuse what you did
What you on about man?
These people hurting kids
Tear ’em down with they words
Leave ’em bruised that can never be undid
So they live a life filled with fear that’ll never disappear
Gotta ask man, “What you on about?”
Picture all the pain, careful not to hate on all our men
Nine of ten men could be gentlemen
Abuse knows no gender, race or age
(Knows no gender, race or age)
[ Pre-Chorus ]
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
[ Chorus ]
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
[ Verse 2 ]
Kids are raised in broken families
With they hearts crumbling apart
Only taught to hate upon themselves
They got no self-esteem stacked up upon they shelves
Too scared to speak up
Ironically, they protect the ones who should be protecting them
In an attempt to get the love that they so desperately crave
Instead, they get a fist through they mouth
So, they keep quiet
Cuz they told that that’s all that they deserve
(Told that that’s all that they deserve)
Now some people still got the nerve
To hate upon our boys
Like they ain’t never get abused
Abuse knows no gender, race or age
Some girls get abused since the day of they birth
Then grow up to never know the worth
Why can’t kids go outside to play?
Why do girls have to stay to be okay?
(To be okay, okay)
[ Pre-Chorus ]
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
[ Chorus ]
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
[ Verse 3 ]
Abuse at home starts an evil line of dominos
We waiting on the punch like a blind fighter in the cage
Abusers hurting from inside and act out of rage
We beg you switch up your ways
Think before you hit
Think before you speak
Rather build people up
Cuz you’re a Kamikaze waiting’ to blow up
(Never try to make all men feel guilty
Because REAL men
Don’t abuse)
[ Chorus ]
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Don’t be silent, stop the violence
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Shout it out
Make it loud
Get it out
SOS
Save Our Souls
Never doubt
We will talk about abuse
Die Storie
Met die Pre-Chorus: “Don’t be silent. Stop the violence.” is SOS ‘n oproep tot die einde van geweld asook die diskriminasie rakende geweld. “Abuse knows no gender, race or age.”
Die Lyrics
[ Intro ]
Steeds van die m-bay
Straight van die h-bos
Niks gaan net in jou skoot drop
Werk en bid, werk en bid
Jy moet hard werk vir die top, brah
Werk en bid, werk en bid
Harder as hierdie beat my ou
Werk en bid
[ Chorus ]
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
[ Verse 1 ]
Van sit en staan kom niks gedaan
Ons ken dit brah
Dis die oudste storie in die boek
Want kyk ons almal is opsoek
Na die vlam wat diep binne-in jou woed
Onthou jy nog jou kinder dae
Jah brah
Ek beleef hul steeds mah
Ek praat nou van way back
Ek sukkel lately met wat ek like mah
Van sit en staan kom niks gedaan
Jy moet net staan en iewers by ‘n punt begin wat saak maak
Onthou net om ‘n punt agter aan jou sin te maak
Dis die only way hoe ons sin uit die sinne maak
Tog sin almal nog
Dude ek dink ek het sopas weer my flow gekry
Dis lit brah
Lit brah
[ Chorus ]
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
[ Verse 2 ]
Jou rym maak klink jou ervare
Van buit lyk jy soos fancy hardeware
Buh deep down voel jy soos krakende breekware
Kyk hoe lyk my hare
Ek voel skoon deur die blare
As ek na my lewe staar
Lyk alles net so deurmekaar
Ek dog dis easy om al die stukkies net bymekaar te sweep
But kyk, die suprise het my hard gehit
Ek like van suprises but die een smaak ek niks
Ek like van suprises but vir die een is ek ondankbaar
Rap is my chomma
Dis hoekom ek rap al my somme
Ons smaak mekaar stukkend soos Justin en Selena
[ Chorus ]
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
[ Bridge ]
Is jah
Werk en bid, werk en bid
Jah brah
Werk en bid, werk en bid
Is jah
Werk en bid, werk en bid
Jah brah
[ Chorus ]
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Is jah
Van sit en staan kom niks gedaan
So sê hul, ja, dit is so waar brah
Jah brah
Is jah
Die Storie
Die Lyrics
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
“H” staan vir waterstof
Die ligste element in die hele heelal
Waterstof vorm die grootste deel van water
“He” is vir Helium
Hy benodig geen introduction
As jy nie styf vasklou aan daai ballon
Laat Helium hom styg tot binne-in die atmosfeer
“Li” sê ons kyk na Litium
Die silwer-wit metaal in sy suiwer vorm
Wat soos “dit” sy glans verloor
“Be” is Berillium
Los jou hande van hom af
Want hy gaan jou nog vergiftig
“B” staan vir Boor
Kom in oorvloed in Boraks erts voor
Swart kristallyne, of bruin poeier
Dit bly maar Boor
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
“C” staan vir Koolstof
Gespel met ‘n “K” in Afrikaans
Diamante vir juwele, grafiet vir jou potlood, brandstof vir jou kar
Dit bly eintelik maar Koolstof wat jy kort
“N” beteken Stikstof
Moenie worry, hy sal niks aan jou doen
Geen kleur, geen reuk, geen smaak
En geen reaksie sal gewoonlik daaruit gebeur
“O” simboliseer die vorm van jou mond
As jy Suurstof probeer inneem
Die stof wat jou aan die lewe hou
“F” meen Fluoor
Onder normale omstandighede
Baie ligte geel gas
En baie reaktief
So, los hom liewers uit
“Ne” staan vir Neon
Reuklose, rooi-oranje gas
En as ‘n lid van groep ag
Redelik onreaktief
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
“Na” is Natrium
Sag, silwer-wit en baie reaktief
Hy bestaan nie sommer net so
Hy benodig voorbereiding
“Mg” sê ons praat van Magnesium
Uiters noodsaaklik vir die funksionering
Van spier, senuwees, bloeddruk en immuunstelsel
“Al”
Alluminium
Sag, silwer-wit en baie reaktief
Uitkenbaar aan sy vermoë
Om korrosie te weerstaan
“Si” is Silikon
‘n Harde, bros
Kristallyne, vaste stof
Met ‘n blou-grys
Metaal glans
“P” staan vir Fosfor
Jy kry kom in rooi of wit
Maar hy is so reaktief
Jy gaan hom nie sommer net so kry nie
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Kom ons leer die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
“S” staan vir Swael
Hy kom in oorvloed voor
En by kamer temperatuur
‘n Helder geel, soliede struktuur
“Cl”
Chloor is ‘n geel-groen gas by kamer temperatuur
Baie reaktief
Dis hoekom hy maak jou swembad skoon
“Ar” beteken Argon
Meer as 2 keer so vollop as waterdamp
So onreaktief
Hy ondergaan amper geen reaksies
“K” is vir Kalium
Amper heeltemal soos Natrium
Kalium is baie reaktief
maar noodsaaklik vir jou liggaam
“Ca” en Kalsium is presies dieselfde ding
Kalsium is so reaktief
Expose hom tot die lug
En hy vorm ‘n donker laag
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Nou ken ons ook die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
Waterstof, Helium, Litium, Berillium
Boor, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fluoor
Neon, Natrium, Magnesium, Alluminium, Silikon, Fosfor
Swael, Chloor, Argon, Kalium en Calsium
Die Alkali metale is
Litium, Natrium en Kalium
Die Aard-alkali metale is
Berillium, Magnesium en Kalsium
Alluminium is ‘n hoofgroepmetaal
Die metaloÏdesis is
Boor en Silikon
Waterstof, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fosfor en Swael
Is wat ons noem die nie-metale
Fluoor en Chloor is die Halogene
Want ons vind hulle in groep 7
Groep 8 is al die Edelgasse
Helium, Argon en Neon
En baie onreaktief
Ons ken die A’s, B’s en C’s waaruit elke woord bestaan
Nou ken ons ook die H’s, O’s en C’s waaruit elke liewe ding bestaan
Waterstof, Helium, Litium, Berillium
Boor, Koolstof, Stikstof, Suurstof, Fluoor
Neon, Natrium, Magnesium, Alluminium, Silikon, Fosfor
Swael, Chloor, Argon, Kalium, en Calsium
Die Storie
Die Lyrics
Kom ons bestudeer hoe werk alles organically
Die boublok van elke ding is die woordeskat
Die boublokke van Organic Chemistry is die Carbon
Hydrocarbons het net Hydrogen en Carbon atome
Unsaturated bly forever single in hul bonds
Unlike saturated, hulle like van double en triple bonds
Met dit uit die pad, kom ons kyk hoe alles met mekaar reageer
Combustion benodig Oxygen en los jou met produkte CO2 en Water
Oxidation is presies dieselfde as Combustion
Hydrocarbons enjoy hierdie game en gee baie hitte weg
So, kom ons add ‘n paar stuff
Alkenes en Alkynes react baie lekker
So, addition is the way to go om dubble en triple bonds te verloor en die atoom te vergroot
Add ‘n Hydrogen, maak ‘n Alkane
But Alkenes en Alkynes kort ‘n non-polar solvent vir Hydrogenation
So, onthou die catalyst: Pt, Ni, Pd
Die melting point het sopas gelig en dit staan bekend as hardening
Add ‘n Halogen, maak ‘n Haloalkane
En ons sê: “Hallo” vir die nation
Ons noem hierdie Halogenation
Add ‘n Hydrogen Halide en verwelkom nog ‘n Haloalkane
Onthou water is nie welkom hier
Ons is besig met Hydrohalogenation
Nou skielik mag water maar kom
Want ons maak Alcohol en benodig hom vir Hydration
Remind hom net, ons kort hom in die vorm van stoom
Met sy chom H3PO4 of ‘n ander acid catalyst
Nou’s daar niks oor om te add
So, kom ons begin eliminate
Gooi weg al die groepe of atome
Hier like ons meer van double en triple bonds
Vat ‘n Haloalkane en verwyder die Hydrogen Halide
Dit wat jy sien, is ‘n Alkene
Dehydrohalogenation benodig reflux met warm concentrated NaOH of KOH
maar albei met Ethanol
Dehydration verwyder al die water van Alcohol
En al wat jy sien, is ‘n Alkene
Verhit die Alcohol met oortollige H2SO4 of H3PO4
Netsolank dit is gekonsentreerd
Voel jy uitgeput, want die Carbon kettings raak te lank
Ons crack die Hydrocarbons en maak korter kettings
Useful as fuels
Dit wat jy sien, is ‘n Alkene
Baie reaktief, dis hoekom ons like van double en triple bonds
Die chemistry bly happy
Solank die products en reactants met mekaar balanseer
Hoë temperatuur, baie pressure en ons crack hom thermally
Lae temperatuur, min druk met ‘n katalis in ons midde
En ons crack hom catalically
Ek like nie van wegvat en ek het niks oor om te gee
So wat sê jy, ons ruil ‘n bietjie uit
Dis actually ‘n ding, hulle noem dit Substitution
Sê ek het ‘n Alkane en los hom in die son of expose hom tot UV light
In die presence van ‘n Halogen
Een Hydrogen, swop met een Halogen
Dit gebeur stadig, maar dit actually ‘n ding
Ek het ‘n Haloalkane, ek soek Alcohol
Ek kort Hydrolysis dat my Haloalkane react met ‘n OH ioon
Onthou die hitte onder reflux met diluted en Aqueous NaOH of KOH
Dan het ek Alcohol, dis actually ‘n ding
Al die dink laat my sweet, ek soek ‘n lekker reuk
Mix daai Alcohol met ‘n Carboxylic acid en glo my almal smaak daai Ester
Onthou tog net die acid catalyst
En Esterification is presies dieselfde as ‘n condensation reaction
Een organic molecule plus een organic molecule, geen een organic molecule
So, onthou net een plus een is een
Steel ‘n Hydrogen by Alcohol en ‘n Hydroxide by die Carboxylic acid
En jou by-produk is water
Maak Ethyl butanoate en geniet die pynappel terwyl jy leer
Cheers
Die Storie
Die Lyrics
(Chip en dip en tan
Chip en dip en tan
Chip en dip en tan)
(Onblusbaar)
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Jol brah, jol brah, jol brah, jol brah
J-j-j-j
Elke liewe dag (Elke dag)
Is ons in ‘n race (Ratrace)
Elke liewe dag word jou brein droog gesuig (Kurkdroog)
Elke liewe dag tot die dag wat vakansie aanhou pomp (Pomp, pomp)
Dan’s dit
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
(Slushies op die Hartenbos se beach)
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Jol brah, jol brah, jol brah, jol brah
J-j-j-j
Elke liewe dag (Elke dag)
Sit ons in die klas (Lang klas)
Elke liewe dag word jou brein droog gesuig (Kurkdroog)
Elke liewe dag tot die dag wat vakansie aanhou pomp (Pomp, pomp)
Dan’s dit
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
(Slushies op die Hartenbos se beach)
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Dis weer vakansietyd
Ons gaan aanhou jol brah
Jol brah, jol brah, jol brah, jol brah
J-j-j-j
Elke liewe dag (Elke dag)
Is jy by die werk (Doodmoeg)
Elke liewe dag word jou brein droog gesuig (Kurkdroog)
Elke liewe dag tot die dag wat vakansie aanhou pomp (Pomp, pomp)
Dan’s dit
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
Chip en dip en tan (Tan) slushies op die Hartenbos se beach (Beach)
(Slushies op die Hartenbos se beach)
Ja, uhm, try bietjie later
Dis kind of vakansietyd
(Onblusbaar)
